• Home
  • Oor ons
  • Administratief
    • Finansies
      • Leerlingraad
        • Dokumente
          • Klerewinkel
            • Nuusbrief
              • Skoolreëls
              • Personeel
                • Die Hoof
                  • Die Adjunkhoof
                    • Die Grondslagfase>
                      • Graad 1
                        • Graad 2
                          • Graad 3
                          • Die Intermediêrefase>
                            • Graad 4
                              • Graad 5
                                • Graad 6
                                  • Graad 7
                                  • Sekretaresses
                                    • Skool personeel
                                    • Akademie
                                      • Grondslagfase
                                        • Intermediêrefase
                                          • Kinderkinetika
                                            • Rekenaarsentrum
                                              • R-O Klasse
                                                • Top 10
                                                • Kultuur
                                                  • Entrepeneurs
                                                    • Idols
                                                      • Koor
                                                        • Mnr en Mej Laerskool Kathu
                                                          • Musiek
                                                            • Redenaars
                                                              • Revue
                                                                • Toneel
                                                                  • Voortrekkers
                                                                  • Sport
                                                                    • Atletiek
                                                                      • Gholf
                                                                        • Krieket>
                                                                          • Mini Krieket
                                                                            • 0/11
                                                                              • 0/13
                                                                              • Netbal
                                                                                • Rugby>
                                                                                  • 0/9 A
                                                                                    • 0/9B
                                                                                      • 0/11A
                                                                                        • 0/11B
                                                                                          • 0/13A
                                                                                            • 0/13B
                                                                                            • Skaak
                                                                                              • Sokker
                                                                                                • Swem
                                                                                                  • Tennis
                                                                                                  • Avonture
                                                                                                    • Graad 7 Toer
                                                                                                      • Graad 6 Veldskool
                                                                                                      • Kontak ons
                                                                                                      • Borge

                                                                                                      INTERNE SKOOLREëLS

                                                                                                      REGISTRASIES
                                                                                                      - Registrasies van nuwe Graad 1 leerders geskied vanaf die datum wat deur die departement bepaal is.
                                                                                                      - Baie belangrik:  Alle ander leerders wat geslaag het en van plan is om hul laerskool loopbaan in die skool voort te sit moet   herregistreer.
                                                                                                      - Sien paragraaf 4.1 vir die tydperk van herregistrasie.
                                                                                                      - Sien hantering van druipelinge in paragraaf 4.3.
                                                                                                      - Laat registrasies moet nie later nie as die tiende skooldag afgehandel wees.
                                                                                                      - Ouers / voogde moet die volgende dokumentasie voorlê:  Die leerder se geboortesertifikaat en immuniseringskaart asook  beide ouers / voogde se ID dokumente.
                                                                                                      - Indien die leerder alreeds ’n skool of Pre-primêre skool bygewoon het, die laaste kwartaalverslag van daardie skool.
                                                                                                      - Let asseblief daarop dat registrasies nie outomatiese toelating beteken nie.  Toelating sal afhang van die beskikbare aantal  plekke per graad, asook die prioriteite wat geld - sien paragraaf 4.2.
                                                                                                      - Gedurende die eerste week in die vierde kwartaal sal ouers telefonies laat weet word of die leerlinge toegelaat is of nie.
                                                                                                      LEERLINGE WORD SLEGS IN DIE VOLGENDE GEVAL IN DIE PORTAAL BY DIE SEKRETARESSES OF IN DIE GANG IN DIE ADMINISTRATIEWE BLOK TOEGELAAT:
                                                                                                      - Wanneer hulle die sekretaresses of die skoolhoof / adjunkhoof moet spreek of gestuur is deur ʼn leerkrag.
                                                                                                      INSTANDHOUDING VAN GEBOUE EN TOERUSTING

                                                                                                      - Die skoolgebou moet altyd netjies wees.
                                                                                                      - Leerders moet hiertoe 'n bydrae lewer en sal van tyd tot tyd gevra word om so ʼn bydrae te lewer.
                                                                                                      - Rommelstrooiing is ’n ernstige oortreding.
                                                                                                      - Skoolbanke moet netjies gehou word.
                                                                                                      - Geen kennisgewing, plakkaat of pamflet mag op die kennisgewingbord of enige ander plek in die gebou aangebring word sonder die verlof van die skoolhoof of sy gevolmagtigde nie.
                                                                                                      - Skooltoerusting mag nie sonder verlof gebruik word nie.
                                                                                                      - Leerders wat die gebou of toerusting beskadig of ontsier, of wat toerusting verlore laat gaan, sal aanspreeklik wees vir herstel- of vervangingskoste.
                                                                                                      - Leerders mag niks in die personeelkamer gebruik of verwyder sonder toestemming nie en mag ook nie sonder leerkragbegeleiding in die personeelkamer wees nie.
                                                                                                      - Leerders mag nie sonder toesig in die skoolsaal wees nie.
                                                                                                      ORDELIKHEID IN DIE GEBOUE
                                                                                                      - Ordelikheid moet te alle tye gehandhaaf word.
                                                                                                      - Leerders mag nie voor skool, gedurende pouses en na skool sonder verlof in die klaskamers wees of in die gange drentel nie.
                                                                                                      - Wanneer hulle die toilette besoek, moet hulle ordelik aan die linkerkant van die gang beweeg.
                                                                                                      - Leerders mag nie tydens klas die toilette besoek nie.  Wanneer nodig, slegs met verlof van die betrokke onderwyser waar hy die periode moet wees.
                                                                                                      - Wanneer weersomstandighede dit noodsaak, mag leerders voor skool en gedurende pouses ordelik in die gange verkeer.
                                                                                                      SKOOLTERREIN
                                                                                                      -
                                                                                                      Die speelterrein moet altyd netjies wees.
                                                                                                      - Rommelstrooiing word ten sterkste verbied.
                                                                                                      - Leerders moet help om bome en struike te beskerm teen vandalisme.
                                                                                                      - Fietse mag net op plekke wat daarvoor toegewys is, parkeer.
                                                                                                      - Leerders op fietse moet voetgangers in ag neem.
                                                                                                      - Klip- en peulgooiery/skoppery op die skoolterrein word ten sterkste verbied.
                                                                                                      - Rook, dwelm- en alkoholgebruik is ten strengste verbode.
                                                                                                      - Geen kou van kougom word toegelaat op die skoolterrein nie.
                                                                                                      - Niemand mag enigiets van buite die skoolterrein aan die leerders op die skoolterrein verkoop nie.
                                                                                                      - Leerders mag nie die skoolterrein verlaat tydens skoolure nie.
                                                                                                      BUITEMUURSE AKTIWITEITE
                                                                                                      -
                                                                                                      Indien ʼn leerder om grondige redes nie ʼn oefening of byeenkoms kan bywoon nie, moet vooraf verlof by die betrokke leerkrag verkry word.
                                                                                                      - Leerders wat gekies word om hulle skool te verteenwoordig, mag nie hulle skool in die steek laat nie.
                                                                                                      - Indien hulle probleme ondervind, moet daar so gou moontlik met die betrokke leerkrag in verbinding getree word.
                                                                                                      - Leerders wat in ʼn betrokke jaar nege dissiplinêre oortredings begaan het, sal nie toegelaat word om in die betrokke jaar aan enige skool toer / uitstappie deel te neem nie.
                                                                                                      - Terwyl leerders aan buitemuurse bedrywighede van die skool deelneem, verkeer hulle onder die jurisdiksie van die skool en moet hulle gedrag en optrede sodanig wees dat dit nie die naam van die skool in diskrediet bring nie.  Hierdie reël geld ook wanneer leerders na en van wedstryde en byeenkomste reis en wanneer hulle toere meemaak.
                                                                                                      ALGEMEEN
                                                                                                      -
                                                                                                      Behalwe tydens skoolure, is volle skooldrag ook tydens skooluitstappies verpligtend.
                                                                                                      - Kleredrag van kapteins en dirigente by huisatletiek sal deur die betrokke leerkrag en betrokke leerders bespreek en besluit word.  Dit gaan oor kostebesparing vir ouers.
                                                                                                      - Amptelike skoolsportdrag tydens oefeninge is nie nodig nie.  Leerders moet egter met geskikte drag kom oefen.
                                                                                                      - Volle tennisdrag moet te alle tye op die tennisbane gedra word.
                                                                                                      - Leerders moet behoorlik geklee wees as hulle na en van oefeninge deur die strate beweeg.
                                                                                                      - Skooltasse met harde wande of rugsak met harde wande word verkies.  Slap rugsakke  moet met harde karton versterk word sodat dit nie die boeke so beskadig nie.  Skooltasse mag nie in die gebou rondlê nie.  Geen spreuke, plakkers of tekeninge op skooltasse is toelaatbaar nie.
                                                                                                      - Indien ’n ouer ’n leerkrag, die skoolhoof of een van die bestuurspanlede wil spreek, moet hy / sy vooraf ’n afspraak deur die admin-sekretaresse maak.
                                                                                                      -
                                                                                                      GEEN OUER MAG SONDER VOORAF TOESTEMMING NA LEERKRAGTE SE KLASSE GAAN NIE.
                                                                                                      - ALLE KLEDINGSTUKKE, KOSBLIKKE, SPORTSAKKE EN SPORTTOERUSTING MOET ASSEBLIEF BAIE DUIDELIK GEMERK WORD. 
                                                                                                      - DIE SKOOL DRA GEEN VERANTWOORDELIKHEID VIR ENIGIETS WAT GESTEEL / VERLORE RAAK NIE.
                                                                                                      GEBRUIK VAN KLEEDKAMERS DEUR LEERDERS
                                                                                                      JUNIOR PRIMêRE AFDELING
                                                                                                      - Die hele klas, vergesel van die leerkrag, besoek die kleedkamers een maal voor eerste pouse en weer tussen eerste en tweede pouse.
                                                                                                      SENIOR PRIMêRE AFDELING
                                                                                                      - Vanaf Graad 4 kan leerders voor skool en tydens pouses die kleedkamers besoek.  Dit is geweldig ontwrigtend as leerkragte moet wag vir leerders wat nie in die klas is nie.

                                                                                                      LW:     Indien ’n leerder miskien 'n blaas- nier- of maagprobleem ontwikkel of het, moet die ouers dit skriftelik onder die klas leerkrag se aandag bring.  Die nodige reëlings sal dan getref word.

                                                                                                      Create a free website with Weebly